Twee brande laat JHB-brandweer bontstaan

Foto: @mumguambe/Twitter

Johannesburgse nooddienste moes vandag bontstaan toe daar twee afsonderlike brande in die middestad uitgebreek het.

Robert Mulaudzi, die nooddienste se woordvoerder, het gesê die brande het in Jeppestraat en op die hoek van Wanderers- en Bockstraat uitgebreek.

Die brand in Jeppestraat is vermoedelik begin deur huurders wat op ‘n gebou se dak vuur gemaak het om warm te bly. Volgens Mulaudzi is die oorsaak van die brand op die hoek van Wanderers- en Bockstraat nog nie bekend nie.

Twee mense is vir rookinaseming behandel. Hulle is later na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Remi ·

VERBEEL JOU!!!!!!!!OP “N DAK VUUR MAAK!!!!!!!!!WAAR IN JOU LEWE HET JY NOU SO IETS GEHOOR!!!!!!! DIE BARBARE WAT SO IETS KAN DOEN HET GEEN RESPEK VIR SY MEDEMENS NIE EN BEHOORT DAN NIE IN DIE SAMELEWING NIE!!!!!!!!!!!DIE GEMORS!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.