Johannesburgse nooddienste moes vandag bontstaan toe daar twee afsonderlike brande in die middestad uitgebreek het.
Robert Mulaudzi, die nooddienste se woordvoerder, het gesê die brande het in Jeppestraat en op die hoek van Wanderers- en Bockstraat uitgebreek.
Die brand in Jeppestraat is vermoedelik begin deur huurders wat op ‘n gebou se dak vuur gemaak het om warm te bly. Volgens Mulaudzi is die oorsaak van die brand op die hoek van Wanderers- en Bockstraat nog nie bekend nie.
Twee mense is vir rookinaseming behandel. Hulle is later na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
VERBEEL JOU!!!!!!!!OP “N DAK VUUR MAAK!!!!!!!!!WAAR IN JOU LEWE HET JY NOU SO IETS GEHOOR!!!!!!! DIE BARBARE WAT SO IETS KAN DOEN HET GEEN RESPEK VIR SY MEDEMENS NIE EN BEHOORT DAN NIE IN DIE SAMELEWING NIE!!!!!!!!!!!DIE GEMORS!!!!!!!!!