“Die twee broers is van Port Elizabeth en dit lyk asof hulle ʼn oefenlopie vanaf en terug na Port Elizabeth gedoen het, toe die ongeluk gebeur het,” het woordvoerder ao Marianette Olivier gesê. Die Cessna 150 vliegtuig het omstreeks 09:40 Saterdagoggend op die Fyfergatplaas in die Kruisrivier-gebied neergestort en die 35- en 37-jarige broers het verongeluk. Volgens Olivier sal die burgerlike lugvaart-owerheid die ongeluk ondersoek.
Twee broers dood in Uitenhage-vliegtuigongeluk
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.