Twee broers sterf in ongeluk

Die ongeluk het naby die Lynnwoodweg-afrit op die N1-suid plaasgevind Foto: ER24

Die ongeluk het naby die Lynnwoodweg-afrit op die N1-suid plaasgevind Foto: ER24

Twee broers is dood en ‘n derde broer beseer toe hul motor Saterdagaand net voor 23:00 op die N1-suid agterin ‘n stilstaande vragmotor vasgery het.

Die ongeluk het op die N1-suid net voor die Lynnwoodweg-afrit in Pretoria plaasgevind. ‘n Suzuki-luikdeurmotor het agterin ‘n vragmotor vasgery wat in die derde baan van die vierbaansnelweg stilgestaan het. Die vragmotor het glo meganiese probleme opgedoen.

Die drie broers, almal vermoedelik in hul laat tienerjare of vroeë twintigs, het in die motor gery en twee van hulle is op slag dood.

“Paramedici moes hul oorskot verwyder om die enkele oorlewende van die ongeluk, die oudste broer, te help wat agter die stuurwiel vasgekeer was,” het ER24 gesê. “Hy was by sy volle bewussyn en dit wil voorkom of sy beserings slegs skrape en kneusplekke en ‘n gebreekte been is.” Hy is na die Steve Biko-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter Potgieter ·

Ja dit is vreeslik! As die trkke nie viniger as motors ry nie dan gaan staan hulle waar hulle wil. Hy kon mos gewaar daar is fout voor die trok gaan stil staan het en van die pad af gefree het. Kyk en let op hulle ry tot in die vinnige baan onbeskof jy word sommer bang as hul van agter kom.

Seg Net ·

As mens na die foto kyk moes spoed verseker ‘n baie groot rol gespeel het. Sterkte aan die ouers, ek glo dit moet ‘n geweldige skok wees om twee gesonde jong seuns op een slag te verloor. Indien die oorlewende die bestuurder was glo ek hy sal hom vir die res van sy lewe verwyd. Hoop hy herstel gou en ten volle.

Trippie ·

Sjoe SegNet, ek ry daagliks Lynnwoodweg werk toe en terug. As ek so na die wrak kyk, is dit ‘n Godswonder dat enige mens lewendig daaruit sou kom.

Mens kan net hierdie jongman en ouers opdra aan ons Hemelse Vader.

Willy ·

Wat soek ‘n vragmotor in die derde baan van ‘n vierbaansnelweg?

Maria ·

Dit was erg vir ons om ons seun agv motorongeluk te verloor, maar om 2 kinders met eenslag te verloor is erg, verskriklik. My hart reik uit na die familie. Mag ons Vader elkeen van julle koester teen sy bors en vertroos.

sylvia ·

Lately staan die trokke te veel stil op die N1 ek werk by metro accident assist en ons werk elke dag met wrakke party keer sien mens lelike wrakke en dan is die mense lewendig. My hart gaan uit na die broers se ouers en familie. N mense weet nooit wanneer is dit jou tyd nie so leef dit asof dit die laaste is. Ja nee die seuns moes met n spoed gery het as jy so na die wrak kyk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.