Twee diewe op heterdaad betrap

Twee mans is Donderdag in Garsfontein, oos van Pretoria, in hegtenis geneem nadat hulle huisbraak misluk het, het die polisie in Gauteng gesê.

Die paar het glo ʼn koevoet gebruik om by die huis in te breek, en die polisie is ontbied, het kaptein Pinky Tsinyane gesê. “Twee Zimbabwiërs is in die huis gevang. Toe die polisie opgedaag het, was hulle besig om verskillende toebehore in te pak.” Hulle het glo ook by twee Mercedes Benz-voertuie in die motorhuis ingebreek. Die inwoners was nie tuis nie. Die twee sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Brooklyn verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.