Twee dood, 11 beseer in ongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood en 11 beseer nadat ‘n paneelwa Saterdag omgeslaan en teen ‘n wal af gerol het op die R74 tussen KwaZulu-Natal en die Vrystaat.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die paneelwa se band het tussen Bergville en Harrismith gebars. Twee mense is op die toneel dood verklaar. Meiring sê twee mense is kritiek beseer terwyl nege ander ligte tot matige beserings opgedoen het. Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.