Twee dood, 11 beseer toe voertuig op N1 omslaan

Twee mense is dood en 11 ernstig beseer toe ʼn minibus-taxi op die N1 naby Hammanskraal in Gauteng omgeslaan het, het paramedici Sondag gesê.

Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911 sê die ongeluk het in die laat Saterdagaand plaasgevind. “Beseerde passasiers het gesê dat hulle aan die bestuurder gesê het dat hulle ʼn vreemde geluid by die agterste wiele hoor.” Die minibus het kort daarna omgeslaan en het vir ongeveer 100 meter op die pad geskuur, het Wicks gesê. Passasiers is uit die voertuig gegooi toe die voertuig omgeslaan het. Twee mans wat ernstige beserings opgedoen het, is op die toneel dood terwyl ʼn ander man per helikopter na die Steve Biko-hospitaal met ernstige beserings geneem is. “Die ander beseerdes is per ambulans na plaaslike hospitale geneem.” Wicks het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Polisie sal die ongeluk ondersoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.