Twee dood, 23 beseer in ongeluk

M13 Fields Hill 3Twee mense is Maandag dood en 23 beseer in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en twee minibustaxi’s op die M13 naby Pinetown, KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê die ongeluk het op die M13 net voor Villageweg plaasgevind. Hy sê Xolani Ntakana, ʼn paramedikus van Rescue Care, was een van die eerste paramedici op die toneel. Hy was ook op die toneel van verlede maand se gru-ongeluk op die hoek van Fieldshillweg (M13) en Richmondweg waarin 23 mense dood is. “Toe ons weer na Fieldshillweg ontbied is vir ʼn taxi en ʼn vragmotorongeluk het ek ʼn aaklige gevoel gehad en het ek gehoop dit is nie dieselfde geval as laas nie. Toe ons op die toneel aangekom het, was daar weer talle beseerde mense en het ons hulle onmiddellik begin behandel voor ons hulle na nabygeleë hospitale geneem het,” het Ntakana gesê. Twee mense is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eben ·

Niks hoef ondersoek te word nie …. jaag, spoed en onpadwaardige voertuie het n prys …. mense lewens!

Pieter Potgieter ·

Ja dit is lelik en maak mens bang om op die pad te wees. Eben die mense ry net so onverantwoordelik. Kyk selfs die trokke jaag die motors op hoofwegte verby jy kry hoendervleis maar niks word gedoen nie.

maricia ·

Net soos wat hulle die trokdrywers blameer is die Taxi s ook die oorsaak. Want die kanse wat hulle vat op die paaie en stop net waar hulle wil ons is ook siele op wiele weet waarvan ons praat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.