Twee mense is dood en drie beseer in ʼn ongeluk Sondagmiddag op die R21 in Cornwall Hill, Pretoria.
Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê ʼn motor met vyf insittendes het omgeslaan. Een van die oorlewendes is kritiek beseer en twee ander het matige beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.