Twee dood ná skietery by Amanzimtoti

Argieffoto

Twee mans is Sondagoggend dood ná ‘n skietvoorval naby Amanzimtoti in KwaZulu-Natal.

“Presiese besonderhede oor die oorsaak van die skietvoorval by Adams Mission en wat daartoe gelei het is nog nie duidelik nie. Die polisie sal die voorval ondersoek,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Een man was reeds dood nog voordat paramedici by die toneel aangekom het. Die tweede slagoffer was bewusteloos en in ‘n kritieke toestand. Paramedici het hom stabiliseer voordat hulle hom na ‘n provinsiale hospitaal geneem het vir verdere behandeling. Die pasiënt het egter net na sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.