Twee dood oor onwettige kragverbindings

ElectricityTwee mans is doodgeskiet terwyl munisipale beamptes onwettige kragverbindings in ʼn informele nedersetting probeer ontkoppel het, berig die Sunday Tribune.

Volgens die koerant is Malizo Fakaza en Nhlanhla Mkhize doodgeskiet toe daar gevegte tussen amptenare van die eThekwini-munisipaliteit en inwoners van die New Germany-informele nedersetting, naby Reservoir Hills in Durban, uitgebreek het. Volgens die berig is nege mense, insluitend Fakaza en Mkhize, deur veiligheidswagte geskiet. Die veiligheidswagte het die munisipale amptenare vergesel om die onwettige kragverbindings te ontkoppel. Daar is glo krag “getap” van ʼn nabygeleë skool en vulstasies. Volgens die berig het die polisie nege veiligheidswagte in hegtenis geneem en op hul vuurwapens beslag gelê. Hulle word van moord en poging tot moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.