Twee dood, talle beseer in ongeluk

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care

Twee mense is dood en talle beseer na ʼn ongeluk in Umgeniweg in Durban, KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê die bestuurder van die motor het glo beheer verloor waarna die motor omgeslaan, verskeie kere gerol en ʼn lamppaal getref het. Jamieson sê die ongeluk het omstreeks 22:20 Vrydagaand plaasgevind. “Van die insittendes is uit die motor geslinger terwyl dit gerol het. Twee mense was steeds in die wrak vasgekeer en is op die toneel dood verklaar.” Hy sê die ses insittendes wat uit die motor geslinger is, het op die sypaadjie gelê en het verskeie beserings opgedoen. Die beseerdes is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Nou wonder ek maar net watter soort motor was die gewees waarin minstens agt mense gepak word, dit is waarskynlik die oorsaak hoekom die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.