Twee dood toe bakkie teen vragmotor bots

Die wrak van die bakkie waarin twee mans dood is. Foto: ER24

Twee mans is dood toe hul bakkie agterin ʼn vragmotor vasgejaag het. Die ongeluk het op die R59 tussen Kliprivierweg en die Blokhuis plaasgevind.

Die bestuurder van die dubbelkajuitbakkie was reeds dood toe hulle op die toneel aankom, berig ER24. Paramedici kon glad nie die passasier, wat in die wrak van die erg beskadigde bakkie vasgekeer was, bereik nie. Dié man is ook op die toneel dood.

Albei mans was na raming ongeveer 40 jaar oud.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onduidelik, maar dit lyk asof die bakkie bloot in die agterkant van die swaargelaaide vragmotor vasgery het. Die insittendes van die vragmotor het nie seergekry nie.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.