Twee dood, twee beseer in Springs-ongeluk

netcare911-1-292x225Twee mans is dood en twee ernstig beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het Saterdagaand in Springs aan die Oos-Rand omgeslaan en gerol het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het in Kingswayweg plaasgevind. Hy sê twee mans is op die toneel dood verklaar. Botha sê die ander twee mans is kritiek beseer en na nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.