Twee doodgeskiet tydens rooftog

geweer4-320x1791Twee mense is doodgeskiet tydens ʼn rooftog in Nelspruit, Mpumalanga.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê twee gewapende mans het vroeg Sondagoggend ʼn vulstasie in Hazyview beroof. Selvy sê die twee mans het die vulstasie binnegestorm en werknemers en klante met vuurwapens aangehou. ʼn 32-jarige kassier en ʼn 62-jarige klant is tydens die rooftog doodgeskiet. Die rowers het met ʼn onbekende bedrag kontant en selfone gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Ons land is vining besig om die volgende Somalië te word waar daar geen wet en orde is nie. En oom Zumpi het nie die vaagste benul of wil om iets daaraan te doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.