Twee dooie renosters gekry

Kort na Wêreld-renosterdag Saterdag gevier is, is twee dooie renosters in die noordelike dele van KwaZulu-Natal aangetref.

“Sondagaand is een renoster se karkas in die Hluhluwe-omgewing van die Imfolozi-Hluhluwe Wildsreservaat aangetref, die renoster is omtrent drie weke terug deur stropers doodgemaak,” het Musa Mntambo, Ezemvelo KZN Wildlife se woordvoerder, aan The Witness gesê.

Mntambo sê die ander renoster is later in die Smangaliso-vleilandpark naby Nibela aan die ooskus gekry. “Die karkas was al erg ontbind, ons vermoed die renoster is ses weke terug doodgemaak,” het hy gesê.

Op 21 September was ʼn totaal van 388 renosters landswyd gestroop. Altesaam 488 is verlede jaar doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.