Twee dwelmhandelaars vas

Twee vermeende dwelmhandelaar is in hegtenis geneem by ʼn woonstel in Illovo, Amanzimtoti in KwaZulu-Natal.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê ʼn Nigeriese man en ʼn Suid-Afrikaanse vrou is Saterdag in hegtenis geneem toe hulle by die woonstel opgedaag het. “Daar is R50 000 en dwelms in die man se besit gevind.” Zwane sê die polisie is hierna na ʼn ander woonstel wat deur die man besit word waar hulle R150 000 en 500 Ecstasy-tablette gevind het. Hy sê die polisie het ook op twee voertuie beslag gelê. Die arrestasies kom nadat die polisie vroeër die maand ʼn wenk ontvang het. Die polisie was reeds op 6 Julie na die woonstel in Amanzimtoti waar hulle op 10kg heroïen met ʼn straatwaarde van R25 miljoen en tussen 1 600 en 1 800 Ecstasy-tablette ter waarde van R1,5 miljoen beslag gelê het. Zwane sê niemand is op die dag in hegtenis geneem nie aangesien daar niemand by die woonstel was nie. Die twee verdagtes sal Maandag in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.