Twee fietsryers in Krugersdorp doodgery

Twee fietsryers, waaronder ʼn 16-jarige seun, is Sondag in twee afsonderlike ongelukke in Krugersdorp doodgery.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, is die 16-jarige seun omstreeks 12:30 in Lindhaven deur ʼn voertuig getref. “Dit is nog nie bekend wat presies gebeur het nie. Toe paramedici by die toneel opdaag het die tiener aan die kant van die pad gelê. Hy het verskeie noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Jackson gesê.

In die tweede voorval is ʼn man in sy 30s op die R24 deur ʼn taxi getref. “Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Jackson gesê.

Albei ongelukke word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico Swart ·

Dit is nogal snaaks nê.As dit ‘n anderskleurige bestuurder is dan word die saak ondersoek maar as dit ‘n blanke is dan word hy summier gearresteer.Van dat ek in die buiteland werk kan ek regtig sien hoe beroerd dit werklik in S.A gaan.Daar is net nooit goeie nuus nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.