Twee geskiet terwyl hulle sokker speel

Twee mans is Sondagmiddag in Lotusrivier, naby Ottery in die Wes-Kaap, doodgeskiet terwyl hulle sokker gespeel het.

Die polisie sê die mans, onderskeidelik 24 en 25 jaar oud, is deur verskeie aanvallers op ʼn sokkerveld in 5de laan doodgeskiet.

André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, het aan EWN gesê die skietery word ondersoek en daar kan in die stadium nie met sekerheid gesê word of die aanval aan bendes gekoppel kan word nie.

Phillip Bam, van die Grassypark-gemeenskapspolisieforum, het sy simpatie aan die slagoffers se familie oorgedra. “Dit is hartseer dat dié tipe geweld in ons omgewing plaasvind,” het hy gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.