Twee gestremdes beseer op bus

Twee gestremde persone en ʼn passasier is Maandagoggend op ‘n bus in Pretoria beseer.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het ʼn passasiersbus skielik remme aangeslaan by die kruising van Steve Bikoweg (Voortrekkersweg) en Booysenstraat in Mayville, om ʼn botsing te vermy.

“Twee gestremde persone is deur die momentum vorentoe geslinger. Hulle het ʼn derde passasier wat gestaan het, getref. Paramedici van Netcare 911 het die drie passasiers vir geringe beserings behandel. Hulle is na die Netcare Moot-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.