Twee gevangenes soek in Brits-omgewing

Die Noordwes-polisie het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na twee gevaarlike gevangenes wat Maandag uit aanhouding by die Losperfontein-gevangenis buite Brits ontsnap het.

Altesaam vyf gevangenes het die middag ontsnap toe die wagte skofte geruil het. Twee vroulike beamptes is tydens die ontsnapping aangerand en ʼn manlike bewaarder is met ʼn skerp voorwerp gesteek. Die bewaarder is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Drie van die mans is kort na die voorval weer in hegtenis geneem.

Sarie Peens, ʼn woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Dinsdagmiddag aan Maroela Media gesê die twee voortvlugtelinge is steeds soek. Hulle is albei in hul twintigs en staan tereg op ernstige misdrywe soos moord, verkragting en huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.