‘n Polisiebeampte en nog ‘n man is Dinsdag beseer na ‘n skietgeveg in Benoni.
Lt. Kol Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid het inligting opgevolg oor ‘n man wat glo in besit was van ‘n onwettige vuurwapen. “Toe die polisie by die man se plakkershut aangekom het, het die verdagte op die polisie losgebrand en die polisie het teruggevuur.” Mogale sê ‘n polisiebeampte is in die been geskiet terwyl die verdagte in albei bene geskiet is. Die man is saam met twee ander mans wat in die plakkershut was in hegtenis geneem. Hulle word van poging tot moord en die besit van ‘n onwettige vuurwapen aangekla en sal binnekort in die Benoni-landdroshof verskyn.
die polisie moes toe hy eerste geskiet het die moer vrekgeskiet het