Twee glo met ploftoestelle betrap

Park Meadows-winkelsentrum

Twee mans wat glo plofstof in hul besit gehad het, is Dinsdag in ‘n toilet by ‘n winkelsentrum in Bedfordview, Johannesburg, in hegtenis geneem.

Die mans is omstreeks 11:00 by die Park Meadows-winkelsentrum in hegtenis geneem voor ‘n beweerde transaksie om die plofstof te verkoop, plaasgevind het, het Wilfred Kgasago, hoofsuperintendent van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê. ‘n Derde persoon, wat moontlik ‘n kliënt is, kon ontsnap.

“Die polisie het beslag gelê op twee ploftoestelle met ontstekers,” het Kgasago gesê. “Dit word gewoonlik gebruik om kitsbanke mee op te blaas.”

Die polisie het ‘n wenk oor die beweerde transaksie ontvang en daarop reageer.

“Die metropolisie het inligting oor die twee verdagtes en die voertuig wat hulle sou gebruik ontvang. Die beamptes het ure lank geduldig gewag totdat hulle die rooi BMW-sedanvoertuig naby Nandos by Bruma opgemerk het.” Die twee mans het glo ‘n swart vullissak in ‘n toilet in gedra.

“Metropolisie het hul na die toilet gehaas en kon twee van die drie verdagtes in hegtenis neem,” het Kgasago bygevoeg. Die polisie sê die kliënt sou glo die ploftoestelle teen R2 000 aankoop.

Die twee mans staar aanklagte van die besit van plofstof in die gesig en sal Woensdag in die Germiston-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.