Twee in hof na branddood

hofhamertjie31Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man vermoor het deur hom aan die brand te steek het Vrydag in die Mbibane-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 7 Januarie uitgestel wanneer Johnny Komane (26) en Solomon Mbatha (24) om borg sal aansoek doen. Die twee mans is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle glo op 15 Desember die moord gepleeg het. Hlathi sê die twee verdagtes het glo na die slagoffer se huis gegaan om vir hom te sê hul weet van iemand by wie hy ʼn ruit vir sy VW Golf kan koop. Die slagoffer het toe glo saam hulle gery waarna hulle hom gedwing het om in ʼn veld by die Mdala-natuurreservaat in Vaalbank te ry. Hulle het hom glo met kabelbinders vasgebind, aangerand en met ʼn mes in die nek gesteek. “Hulle het oorleikabels gebruik om ʼn vuur te maak en die motor en slagoffer onherkenbaar te verkool.” Die slagoffer is nog nie geïdentifiseer nie. Hlathi sê Mbatha het voor ʼn landdros ʼn verklaring afgelê en Komane as sy medepligtige impliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.