Twee in hof vir baba-aannemingslenter

Argieffoto.

Argieffoto.

Jennie-Lee Greyling (27) en haar kêrel, JP Beyleveld (27), ʼn paartjie van die Oos-Rand, het Maandag in die Edenvale-landdroshof verskyn nadat hulle glo ʼn baba aannemingslenter “bedryf” het, het Beeld Dinsdag berig.

Greyling het glo ʼn kinderlose egpaar, Hennie en Adel van Blerk, uit derduisende rande verkul deur hulle onder die indruk te bring dat sy hulle help om die tweeling aan te neem.

Die egpaar het verlede Donderdag uitgevind dat hulle gekul is, en dat die tweeling nie bestaan nie. Hulle het die saak by die polisie aangemeld.

Die polisie het gesê hulle is op soek na nog ʼn man, Shauwn van der Mescht, wat hulle in die ondersoek kan bystaan. Hy was een van Greyling se kollegas by ʼn liefdadigheidsorganisasie in Edenvale.

Greyling en Beyleveld is elk op borgtog van R1 500 vrygelaat nadat hulle op aanklag van onder meer diefstal verskyn het. Die saak is tot 7 November uitgestel.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yolande ·

Wat hardskeurend is, is dat hierdie mense nie weet waardeur hulle ons kinderlose egpare sit nie. Ons het ook nie kinders nie, en het die moontlikheid om aan te neem al oorweeg, maar daar is soveel mure en probleme om deur te breuk. Een van hulle is hoe weet jy hulle is nie besig om jou geld te steel en die tweede een is, wanneer kom vat hulle jou kindjie. Eers pleegsorg vir jare en miskien lewenslank as ouers hulle nie afteken. Hoe kan mense dit aan ander doen?!!!!

akram ·

Dis hartseer, aan die eenkant sal mense betaal om n kind te he, aan die anderkant voel sekere mense niks vir n kind se lewe nie.

Elene ·

Mens hoef nie altyd pleegsorg te doen nie Yolande. Jy kan ‘n kind wetlik aanneem en dan is hy of sy joune – volgens wet, veraltyd! Dis maklik om uit te vind wie geregistreerde maatskaplike werkers is wat jou geld mag aanvaar vir aanneming, gaan na http://www.adoptionsa.co.za en kyk na al die vele opsies daar. Ek self kan Letitia van den Berg aanbeveel, sy is uitstekend en werk die land oor en gaan verseker nie jou geld vat en verdwyn nie [email protected] Ongelukkig is daar baie kinders wat net in pleegsorg mag gaan juis omdat die ouers so af en toe (en ek bedoel meer af as toe) kontak maak, dis tyd dat die wet ook bietjie verander!

Jasper ·

In my oë is hierdie jakkalse net so gewetenloos soos n gewapende rower. Lyfstraf en tronk toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.