Twee in hof vir moord op boer

hofhamertjie3Twee mans het Woensdag in die Richmond-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op Michael Hampson.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê Jabulani Ngobese (28) en Siboniso Mtolo (27) is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op Hampson. “Hampson, van die plaas Eston naby Mid-Illovo, en sy seun is omstreeks 13:30 op 27 September deur twee verdagtes aangeval terwyl hulle in Hampson se bakkie gery het. Hampson is geskiet en is op slag dood. Die verdagtes het Hampson glo met sy eie haelgeweer geskiet voor hulle daarmee gevlug het.” Hampson se seun is nie beseer nie. Die twee verdagtes sal weer Woensdag in die hof verskyn en bly in polisie-aanhouding. Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, het die arrestasie van die verdagtes verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.