Twee in brandende gebou vasgekeer

Argieffoto

Twee mense was Saterdagoggend in ‘n brandende gebou in Johannesburg vasgekeer, het die stad se nooddienste gesê.

“Die brand is op die sewende verdieping in die gebou op die hoek van Jeppe en Nuggetstraat in die middestad,” het Nana Radebe, woordvoerder, gesê. “Die mense het by ‘n venster staan en skree.”

Die brand het omstreeks 04:30 uitgebreek. “Geen beserings is nog aangemeld nie.”

Brandbestryders is op die toneel besig om die brand te blus.

Geen verdere besonderhede is op die oomblik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.