Twee mans is Woensdagaand in twee afsonderlike voorvalle in Gauteng doodgeskiet.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê een man is in Boksburg in die Oos-Rand geskiet en die ander man in Mamelodi in Pretoria.
Albei mans was reeds dood toe paramedici op die toneel gekom het. Die redes vir die skietvoorvalle is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.