Twee in hof na selmoord

Eben Meyer saam met sy verloofde Sylvia Hamman. Foto: Facebook

Die twee mans wat aangekla word van die moord op Eben Meyer (48) sal vandag om borg aansoek doen.

Daniel Dyosi (40) en Sipho Mhlanga (29) is nie gevra om te pleit toe hulle verlede maand voor landdros Jannie Kotze verskyn het nie. Volgens die aanklaer is die saak na die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging verwys om te besluit of die twee mans vervolg moet word en in watter hof. Daar word intussen steeds gewag op die uitslae van forensiese toetse. Meyer is op 20 April vanjaar vir openbare dronkenskap in hegtenis geneem. Hy het glo by die Stones-kroeg in Durbanville gekuier nadat hy en sy verloofde, Sylvia Hamman, glo ‘n rusie gehad het. Hy is volgens die polisie saam met agt ander mense wat ook onder die invloed was, in ’n sel aangehou. Meyer is glo omstreeks 01:30 deur twee mans in die selle aangerand. Hulle het hom na bewering herhaaldelik geskop en geslaan en hy het aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.