Twee in hof oor moord op Jhb-polisiehoof

Genl.maj. Tirhani Maswanganyi

Terwyl twee mans in die hof verskyn het in verband met die moord op genl.maj. Tirhani Maswanganyi (51), Johannesburgse polisiehoof, het die polisie gesê nog inhegtenisnemings word verwag.

Die Saturday Star berig dat die twee verdagtes Donderdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn het. Maswanganyi se lyk is verlede Dinsdag in ʼn veld naby Hammanskraal, noord van Pretoria, gevind. Sy hande en voete was vasgebind. Maswanganyi se bakkie is langs die R101 gevind. Die nadoodse ondersoek is intussen afgehandel maar die uitslag daarvan sal eers tydens die moordverhoor bekend gemaak word. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het intussen Donderdag tydens Maswanganyi se begrafnis beloof om alles moontlik te doen om uit te vind wat gelei het tot die “lafhartige” moord. Die polisie het vroeër ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir enige inligting oor die moord op Maswanganyi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas ·

En moorde op boere, of baba verkragtings is natuurlik nie “lafhartig” nie ?? Hoeveel belonings vir inligting het die polisie al vir plaasmoorde uitgereik ??? Hier was sommer R100000 rand beloning aangebied vir inligting toe die persoon vermoor is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.