Twee in hof oor moord op motoris, metrobeampte

Twee mans het Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn motoris en ʼn metropolisiebeampte.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die metrobeampte se pistool is in een van die verdagtes se besit gevind. Hy is Donderdag in hegtenis geneem. Die man het vlugtig in die hof verskyn en sy saak is tot 19 Junie uitgestel. Die ander verdagte Quinton Ashley Cordom (26) het ook in die hof verskyn en sy saak is tot 12 April uitgestel. Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, sê die sake sal moontlik in ʼn latere stadium saamgevoeg word.

Wesley Woodman (35) en ʼn motoris is Woensdag in Lavender Hill doodgeskiet. Woodman het glo die motoris van die pad af getrek aangesien sy agterlig stukkend was. Twee mans het hulle glo van agter af genader en doodgeskiet. Die motoris is op die toneel dood. Woodman het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.