Twee in hof oor pensioen-moorde

Argieffoto

Twee mans wat van die moord op drie mense by ‘n pensioenbetaalpunt in KwaZulu-Natal aangekla word, het Maandag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

Die saak teen Jabulani Gumede en Siyabonga Mpungose is uitgestel toe die prokureur vir een van die mans versoek het dat hy meer tyd met sy kliënt wou spandeer, het SAUK berig. Die twee het glo twee sekuriteitsbeamptes en ‘n pensioenaris verlede maand by die betaalpunt doodgeskiet. Drie ander mense is gewond.

Hul beweerde medepligtiges het in ‘n voertuig gevlug. Die rowers het met die sekuriteitswagte se vuurwapens, maar sonder enige geld, gevlug.

Lees ook:
Drie dood ná pensioen-skietery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.