Twee in hof wat man glo met bakkie sleep

Die Pietermaritzburg hooggeregshof het Donderdag gehoor dat ʼn Howick man nie beseer is toe hy glo deur sy werkgewers agter hulle bakkie aangesleep is nie maar eerder toe hy van die bakkie geval het terwyl dit beweeg het.

Tankiso Sikhosana (36) beweer sy voormalige werkgewers, Johan Bornman en Theunis Schoeman, het hom in September verlede jaar glo kaal vasgebind, ’n plastieksak oor sy kop gesit en hom agter hul bakkie aangesleep. Bornman en Schoeman word aangekla van poging tot moord en ontvoering. Die mans se regsverteenwoordiger, Shane Matthews, het in die hof ʼn patoloog aangehaal wat gesê het Sikhosana se beserings kon nie veroorsaak word deur agter ʼn bakkie aangesleep te word nie. Matthews het aan die hof gesê dat die patoloog, dr Reggie Perumal, gesê het Sokhosana lieg. Matthews het gesê Sikhosana is deur twee dokters ondersoek wat bevind het dat sy beserings nie strook met sy bewering nie. Bornman en Schoeman het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hulle. Hulle beweer Sikhosana het ʼn drankprobleem gehad en is twee keer in die pad gesteek vir diefstal en dat hy die storie opgemaak het omdat hy geweet het hy sou weer afgedank word. Die saak is tot 5 Maart aanstaande jaar uitgestel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.