Twee vermeende kapers is in Johannesburg in hegtenis geneem kort nadat hulle ʼn motoris Donderdagaand gekaap het.
Adjudant-offisier Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, sê die twee verdagtes het ʼn Honda-sedan in Soweto gekaap en na Jabulani gevlug.
“Die polisie het die gekaapte voertuig opgespoor en ʼn wilde jaagtog het gevolg. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en teen ʼn muur gebots,” het Makhubela gesê.
Die verdagtes, onderskeidelik 20 en 24 jaar oud, moet Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.