Twee keer lewenslank vir man wat kinders verkrag

Die Oos-Kaapse hooggeregshof het ʼn verkragter twee keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ʼn sewejarige dogtertjie en ʼn agtjarige seuntjie verkrag het.

Kapt. Mluleki Mbi sê Thanduxolo Magoswana (31) is die vonnis opgelê nadat hy die dogtertjie op 15 Desember 2009 en die seuntjie op 11 September 2010 verkrag het. Die verkragtings het in Mdantsane naby Oos-Londen plaasgevind. Mbi sê Magoswana het as ʼn tuinier gewerk by die meisie se bure. Hy het haar glo na die huis geroep en haar verkrag. “Die seuntjie het vermis geraak en die gemeenskap het na hom begin soek. Daar is glo gesien hoe hy saam met Magoswana na sy huis geloop het. Die polisie is na Magoswana se huis ontbied. Hy het egter die seuntjie se beskuldigings ontken. Hy is later positief tot die verkragting verbind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.