Twee kinders brand dood terwyl ma glo drink

Argieffoto

Twee kinders het oor die naweek in die Oos-Kaap dood gebrand terwyl hul ma glo gaan drink het.

Adjudant-offisier Dineo Koena, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die kinders het in hul plakkershuis in Libode doodgebrand. Die kinders was onderskeidelik twee en vyf jaar oud.

“Na wat verneem word, het die ma die kinders in die huis toegesluit terwyl ʼn kers steeds gebrand het. Sy is glo na ʼn plaaslike kroeg om te gaan drink. Die pa werk as ʼn veiligheidswag en was tydens die voorval by die werk,” het Koena gesê.

Bure het tevergeefs probeer om die kinders uit die huis te kry en die vyfjarige seuntjie het probeer om van binne af die deur oop te maak. Albei kinders is op die toneel dood. Die ma is in hegtenis geneem op aanklagte van kinderverwaarlosing en moet binnekort in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.