Twee kinders se lykies in voertuig aangetref

Saps-ls10-320x224Twee seuns, onderskeidelik drie en vyf jaar oud, se liggame is Dinsdagoggend in ʼn voertuig naby Port Elizabeth aangetref.

Volgens ao. Thebi Gwe, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, is die kinders se liggame na ʼn soektog in ʼn voertuig in Zwide gevind. “Een van die kinders se ouma het Maandag by een van haar vriende gaan besoek aflê en die seuns saamgeneem,” het Gwe gesê. “Die kinders wou in die voertuie speel wat buite die huis parkeer gestaan het. Die ouma het hulle egter verbied en aangesê om terug te keer na haar huis toe. Toe die ouma ʼn paar uur later by haar huis aankom, was die kinders weg.”

Die gemeenskap en polisie het ʼn soektog van stapel gestuur en die kinders se liggame is in die voertuig aangetref. Die voertuig het in dieselfde straat, naby die huis wat die ouma besoek het, gestaan.

“Die voertuig het meganiese probleme ondervind en het vir ongeveer twee maande lank in die straat gestaan. Dit is nie duidelik hoe die kinders in die voertuig beland het nie. Dit is ook nog nie duidelik hoe hulle dood is nie.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek om die oorsaak van die seuns se dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.