Drie kinders is dood en twee beseer na ‘n plakkershuis in Vlakfontein, suid van Johannesburg, afgebrand het.
“Die kinders was saam met hul ouers in die huis toe die brand uitgebreek het,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste gesê. Die ouers het die brand oorleef en is na ‘n hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die brand kon nog nie bepaal word nie.