Twee kinders sterf na pa hulle van balkon gooi

‘n Pa het sy twee kinders van die sesde verdieping van hul woonstel na hul dood gegooi voordat hy self na sy dood gespring het.

Nicoletta Di Maio, ‘n polisiewoordvoerder in Brescia in die noorde van Italië, het gesê die man (41) het eers sy kinders, onderskeidelik vier en 14 maande, gegooi waarna hy self van die balkon afgespring het. Hy is op die toneel dood terwyl die kinders later in ‘n hospitaal dood verklaar is.

“Die ma was tydens die voorval nie by die woonstel nie en is tans in die hospitaal onder verdowing,” het Di Maio gesê.

Die man het glo sy werk ‘n jaar gelede verloor, maar dit is nie duidelik of finansiële moeilikheid die rede vir die voorval was nie.  ‘n Paar selfmoorde het die afgelope tyd in Italië voorgekom wat tans weer gebuk gaan onder ‘n resessie.

–       Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.