Twee kinders sterf, talle beseer na bus in dam beland

@zainjohnson het die foto op Twitter geplaas.

Twee kinders is dood en talle beseer nadat die bus waarin hulle gery het die pad verlaat het en in ‘n dam in Rheenendal in Knysna beland het, het ER24 gesê.

Volgens ʼn woordvoerder van ER24, Andre Visser, het die ongeluk omstreeks 08:10 Woensdagoggend plaasgevind. Visser sê meer as 35 kinders is in die ongeluk beseer. Dit is egter nog nie duidelik wat presies gebeur het nie of van watter bus die skool is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.