Twee kinders sterf weens rookinaseming ná kragonderbreking

kerseTwee kinders, onderskeidelik vyf en agt jaar oud, het Dinsdagaand weens rookinaseming gesterf nadat hul pa hulle glo in ʼn woonstel toegesluit en ʼn kers ʼn brand veroorsaak het.

Ao. Dineo Koena, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het Woensdag gesê die voorval het in die Universe-woonstelblok in Fort Gale, Mthatha, plaasgevind. “Die woonstel is gedeeltelik deur die vlamme verwoes. Die kinders het glad nie gebrand nie,” het Koena gesê.

Daar was glo ʼn kragonderbreking in die gebied, en die pa het ʼn kers aangesteek voor hy die kinders deur die nag alleen gelaat het.

“Toe hy Woensdag in die vroeë oggendure teruggekeer, het hy sy kinders dood aangetref.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. ʼn Saak van brandstigting word ook ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sanet van der Bank ·

Wat besiel die mense om kinders alleen toe te sluit en vir die nag te ringkink. Ek sal sê ‘n saak van moord moet teen die pa gemaak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.