Twee kinders tydens inbraak vermoor

ʼn 12-jarige meisie en haar 1-jarige boetie is in hul huis in Butterworth, in die Oos-Kaap, vermoor.

“Dit wil voorkom of die gesin van vier vroeg Dinsdagoggend terwyl hulle geslaap het, in hul huis oorval is. Almal het erge hoofbeserings opgedoen. Die meisie is op die toneel dood en haar boetie is later in die hospitaal dood,” het luitenant-kolonel Sibongile Soci aan Sapa gesê.

Soci het gesê niks is uit die huis gesteel nie en die motief word ondersoek.

Nog niemand is in verband met dié aanval in hegtenis geneem nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.