Twee kinders veilig ná gerugte van ontvoering

ʼn Voorbeeld van die Twitter-boodskap wat versprei word. Die foto is gesensor om die meisies se identiteit te beskerm.

Twee kinders van Secunda, Mpumalanga, is veilig nadat ʼn boodskap Dinsdagoggend op Twitter rondgestuur is dat hulle by ʼn verkeerslig uit ʼn voertuig “gegryp” is.

Luitenant Bettina Zonda, ʼn woordvoerder van die Secunda-polisie, het aan Maroela Media gesê die boodskap is nie waar nie.

“Wat wel vermoed word, is dat die kinders se pa, wat glo van die ma vervreemd is, die ma se voertuig se venster gebreek het. Geen vermiste persone is aangemeld nie, daar is ook nie ʼn klagte van ontvoering aanhangig gemaak nie. Die polisie ondersoek wel  ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging en aanranding,” het Zonda gesê.

Volgens Zonda is die kinders veilig by hul ma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.