Twee jong kindertjies is Sondagaand in ʼn brand dood in ʼn huis op ʼn plaas naby Steynsrus in die Vrystaat.
Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911 sê paramedici het opgedaag waar die plaaswerkers se kwartiere in ligte laaie gestaan het. “Die verkoolde oorskot van twee kinders was sigbaar in die gebou. Beide is só erg verbrand dat mens hulle nie meer kan herken nie,” het Wicks gesê. Wicks sê die oorsaak van die brand is onbekend en sal deel uitmaak van ʼn polisie-ondersoek.