Twee kinders verdrink

Die liggame van twee kinders is Dinsdag gevind nadat hul glo laat Maandagmiddag verdrink het terwyl hulle gaan swem het.

Steven Mavunda, ʼn woordvoerder van die Giyani-munisipaliteit in Limpopo, het Woensdag gesê die kinders is Maandag vir die laaste keer gesien toe hulle in die Ritavi-rivier gaan swem het.

Inwoners van die Nkomo B- informele nedersetting het Dinsdagoggend na die seuns, onderskeidelik nege en 10 jaar oud, begin soek. Hulle het kort daarna op die kinders se liggame afgekom, etlike meters van waar hulle geswem het. Die polisie vermoed dat hulle verdink het.

Volgens Mavunda het tien mense sedert die begin van die jaar in Limpopo verdrink. Hy het ouers aangeraai om nie toe te laat dat hul kinders in riviere swem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.