Twee kinders versmoor in vrieskas

ʼn Seun en ʼn meisie het versmoor terwyl hulle in ʼn ou vrieskas gespeel het by ʼn huis in Bergville in KwaZulu-Natal.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Vincent Mdunge, sê die seun (4) en meisie (5) het glo Maandag oor middagete in die vrieskas gespeel. Die kinders was na bewering vasgekeer nadat die vrieskas se deur toegeslaan het. Hulle liggame is ʼn paar uur later deur familielede gevind. Mdunge sê die polisie vermoed nie vuilspel nie. Dit is in die stadium nie duidelik of die seun en meisie familie was nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.