Twee kleuters in swembad aangetref

‘n Kleuter is dood en nog een in ʼn kritieke toestand nadat albei Woensdagmiddag by ʼn huis in Bryanston, Gauteng, in ʼn ysige swembad geval het.
 
Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het familielede die twee kleuters, onderskeidelik 2 en 3 jaar oud, se drywende liggame in die swembad aangetref.
 
“Hulle het self met die 2-jarige na die Olivedale-hospitaal gejaag. Hy is ongelukkig met aankoms by die hospitaal dood verklaar. Paramedici van ER24 het die 3-jarige by die huis behandel en mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Hy is per ambulans na dieselfde hospitaal gejaag terwyl hulle gepoog het om hom te stabiliseer. Hy is steeds in ʼn kritieke toestand en noodpersoneel poog steeds om sy lewe te red,” het Jackson gesê.
 
Volgens Jackson is dit nie bekend hoe lank die kleuters in die swembad was nie. “Dit is ook nie bekend wat daartoe gelei het dat die kleuters, wat op dieselfde erf bly, in die swembad beland het nie.”
 
Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.