Twee kleuters sterf in Pretoria-huisbrand

Twee kleuters het Dinsdagoggend in ʼn huisbrand in Pretoria omgekom.

Volgens Jeffery Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die vuur omstreeks 6:30 by die huis in Montana Park, in die noorde van Pretoria, uitgebreek. Met die paramedici en brandweer se aankoms was die huis in ligte laaie.

“Twee jong kinders, ʼn 2- en 3-jarige, is as vermis aangemeld. Na die brandweer die vuur geblus het, het hulle die perseel deursoek en op die kinders se verkoolde liggame afgekom,” het Wicks gesê.

Die kinders se name is nog nie bekend nie. Dit is ook nog nie seker wat die brand veroorsaak het nie. Ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.