Twee ‘krokodilsmouse’ vas

Argieffoto.

Twee verdagtes is Sondag by ʼn huis naby Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is terwyl hulle krokodille aan inwoners verkoop het.

Kol. Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die verdagtes is in Nobody in Ga-Mothapo in hegtenis geneem. “Die polisie het inligting ontvang dat twee mans krokodille uit die huis aan inwoners van die omgewing verkoop. Die polisie het gemaak asof hulle belangstel om van die reptiele te koop en die verdagtes het hulle, tot waar die diere lewendig aangehou is, gelei,” het Otto gesê. Die verdagtes beweer hulle het die krokodille van Acornhoek, naby Hoedspruit, gekry. ʼn Volskaalse ondersoek is egter van stapel gestuur om uit te vind of die diere wel daar gevang is.

Die verdagtes is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van beskermde wilde diere. Hulle moet binnekort in die Mankweng-landdroshof verskyn.

Die krokodille is deur die DBV van die perseel verwyder en na ʼn plek van veilige bewaring geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stoere Boer ·

Dalk moet ons ‘n paar gaan koop en loslaat daar waar daar so baie huise op die walle gebou is maar nouja tot ‘n krokodil het sy trots.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.