Twee kry lewenslank vir verkragting van kinders

Twee mans is beide tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan die verkragting van kinders.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê Levy Abolenleng Sekoboane is in die Thabazimbi-streekshof gevonnis vir die verkragting van ʼn 16-jarige meisie in Desember 2012. Die meisie se ma het haar glo winkel toe gestuur en het Sekoboane haar voorgekeer, in ʼn veld ingesleep en verkrag. Hy het glo gedreig om haar dood te maak indien sy iemand van die voorval sou vertel. Johannes Marintjie Sekgobela is intussen ook lewenslange tronkstraf opgelê in die Mwankweng-streekshof vir die verkragting van twee seuntjies, onderskeidelik vyf en agt jaar oud, in 2011. Sekgobela het die twee seuns in ʼn kamer toegesluit en verkrag. Hy het vir elkeen van die seuns R1 gegee in ʼn poging om hulle stil te hou oor die verkragting. Hy is egter dieselfde dag in hegtenis geneem nadat een van die seuns hulle oupa van die voorval vertel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Bezuidenhout ·

Mag julle elke dag,die hele dag verkrag word in die gevangenis…Julle verdiende loon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.